Bestuur
Die eerste vergadering van die Uitvoerende Bestuur 17-18 Februarie 2012 PDF Afdruk E-pos

Die Uitvoerende Bestuur van Die Dameskring se eerste vergadering van 2012 is by Die Dorpsakker in Heidelberg gehou van 17-18 Februarie.  Die UB-lede het hard gewerk aan onder andere die beplanning vir die Nelspruit Beraad in Oktober, verskeie projekte is bespreek en die nuwe Begroting is deur die Finasiële komitee voorgelê en goedgekeur.

Agter van links na regs:

Nita Nel, Souise Maritz, Yolandé van Tonder, Erika Williams, Elsa Greyling, Lizette Olivier, Elizabeth Vosloo, Anneke van Wyk, Mariaan Herbert

Voor van links na regs:

Elri Theron, Hester Kok, Helen Smith, Karn Botha, Mignon Smit (President), Elize Gouws, Lynn Kruger

 
2012 Takfooie PDF Afdruk E-pos

Die takfooie en glyskaal vir 2012 is beskikbaar vanaf die Kantoor.

Kontak asseblief vir Elsa Greyling vir meer inligting:

011-782 4496 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 
Nuusbrief temas vir 2012 PDF Afdruk E-pos

Februarie – Die Grootste Gebod

Maart – Ek en my Finansies

April – Kleur jou lewe met eenvoud

Mei – Vriendinne en Vennote

Junie – Koud tot in my beendere of ...

Augustus – Verbaal in my taal

September – Winde van verandering

Oktober – DDK Trots 45

November – ʼn Kind is gebore

Januarie 2013 – Spore

 
UITVOERENDE BESTUURSVERGADERING VAN 5 – 7 FEBRUARIE 2010 PDF Afdruk E-pos

Die eerste vergadering van die Uitvoerende Bestuur vir 2010 het van 5-7 Februarie 2010 by Mentorskraal, Jeffreysbaai plaasgevind.  Daar is besluit om die vergadering op die terrein waar die Beraad later vanjaar gaan plaasvind,  te hou sodat die lede van die Uitvoerende Bestuur hulself kan vergewis van die omstandighede van die terrein en die fasiliteite wat die konferensiesentrum bied.  Lede van Gebied 3 van die Oos-Kaap was ook geleentheid gebied om as waarnemers ’n gedeelte van die vergadering by te woon, soos wat lede van die Gauteng gebied word wanneer die UB-vergadering gewoonlik in Krugersdorp plaasvind.

Tydens die UB-vergadering is die program van die Beraad verfyn, vergaderings en samesprekings met die bestuur van Mentorskraal het plaasgevind en ander belangrike bestuursbesluite is geneem.  Die 2010-begroting van Die Dameskring is voorgelê en goedgekeur, voorgestelde grondwet- en reglementwysigings is bespreek en verslae is voorgelê en goedgekeur.   Die komitees van die Uitvoerende Bestuur kon belangrike besluite voorlê wat Die Dameskring se posisie as vooraanstaande vroue organisasie opnuut vestig.  Die finale reëlings vir die Afrikaanse Vroue-kongres wat op 2 Maart 2010 deur Die Dameskring aangebied gaan word,  is ook gefinaliseer.

Die volgende vergadering van die Uitvoerende Bestuur vind plaas, DV, op
28 – 30 Mei 2010 te Achterbergh, Krugersdorp.