Damesberaad 2012
DIE DAMESKRING - BERAAD 2012 PDF Afdruk E-pos

Gaan besigtig gerus die fasiliteite: http://www.nelliesh.co.za/koshuise/huis-mare/fasiliteite.html

Indien u die geleentheid sou wou gebruik om Nelspruit en die omliggende areas te verken, besoek:

www.encounter.co.za/south-africa/mpumalanga/nelspruit ; www.places.co.za/html/nelspruit.html ; www.mbombela.gov.za/tourism.html of kontak Dr. Mathilda van Niekerk, Toerisme Bestuurder van Mbombela 013-759 2063

Die 2012 Beraad word aangebied deur Gebied 8 onder leiding van Elize Gouws en haar Beraadkomitee.

Koste is R1000.00 per persoon en sluit die volgende in:

Akkommodasie in die koshuis vir Vrydag en Saterdag – 2 persone per kamer

Maaltye, koffie, tee en verversings tydens teetye

Beddegoed wat na afloop van die Beraad geskenk sal word aan Helpende Hand.

Saterdagaand Dinee en vermaak

Kostes vir Dagbesoekers sal na die Februarie vergadering deurgegee word.

Die bogenoemde bedrag sluit reiskostes uit.

Enige persone, organisasies of instansies wat betrokke wil raak by borgskap, befondsing of bemarking is welkom om die Kantoor te kontak vir meer inligting.

Begin nou al spaar want jy wil nie hierdie een mis nie!

 
Mediaverklaring na afloop van die Damesberaad 2010 PDF Afdruk E-pos

DIE BERAAD VAN DIE DAMESKRING IS SUKSESVOL AFGEHANDEL EN  AFRIKAANSE CHRISTENVROUE HET DIE HOOGGETY GEVIER!

Die Tweejaarlikse Damesberaad van Die Dameskring is vanaf 1 tot 3 Okotber 2010 in Jeffreysbaai aangebied.

Die Dameskring is ʼn Nasionale Christen-kultuurorganisasie vir Afrikaanssprekende vroue wat hulle beywer vir die bemagtiging van alle vroue om ʼn verskil in hul gemeenskappe te maak. Met die tema, Vier die Hooggety, is daar deur die 350 Beraadgangers gefokus op bemagtigende en waagmoedige leierskap wat veral in tye soos vandag van kardinale belang is.

Tydens hierdie Damesberaad is daar gefokus op morele waardes, die rol van moraliteit en etiek in die moderne samelewing en baie spesifiek, die rol wat die VROU kan en moet speel in hierdie verband.

Bekende sprekers, waaronder Dr Deon Rossouw, kenner van Etiek, het as die openingspreker opgetree.  Sy toespraak was inleidend tot ‘n Paneelbespreking, onderleiding van Dr Korien Sander,  waartydens kundiges oor moraliteit en waardes besin het.  ‘n Groepbespreking wat daarop gevolg, het, het aan Beraadgangers die geleentheid gebied om deur hul insette, fokusareas te bepaal waarmee Die Dameskring in die volgende 2 jaar hul lede gaan bemagtig en toerus.

Tydens hierdie Damesberaad is ‘n nuwe President, asook ‘n nuwe Uitvoerende Bestuur,  wat vir die volgende 2 jaar die leiding sal neem, verkies.  Me Mignon Smit, ‘n optomitris van Frankfort was onbestrede genomineer en neem nou die presidentskap oor van me Karen Hauman, wie se termyn van 4 jaar, verstryk het.

Lede het ook kennis geneem van ‘n landwye opheffings- en toerustingsprojek wat deur befondsing vanuit die buiteland, Die Dameskring in staat gaan stel om in 2011 opnuut hul visie uit te leef.   ‘n Splinternuwe Dagstukkie-dagboek vir 2011 wat gesamentlik uitgegee word deur die JDD en Die Dameskring, is ook tydens die Beraad-by-die-See bekendgestel.

Soos in die verlede het Die Dameskring tydens hierdie Beraad weer ‘n Suid-Afrikaanse vrou vereer met ‘n toekenning.  Die  “Vrou van Formaat”- toekenning is hierdie jaar aan me Lindie Strydom gegee.  Sy het dit ontvang vir die betekenisvolle bydrae wat sy lewer as rolmodel en die navolgenswaardige voorbeeld wat sy stel as jong, Afrikaanse Christenvrou.

Die Beraad is op 3 Oktober afgesluit met ‘n Erediens wat gelei was deur Dr. Braam Hanekom.

Vir verdere navrae kontak Magdie de Kock, die Uitvoerende Beampte van

Die Dameskring.  Tel:  011 482 8228.  E-pos:  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 
2010 Damesberaad PDF Afdruk E-pos

Die nuwe President is:

Me Mignon Smit

Fotograaf: Malcolm Logan - 0833211750

Verkiesing van die Uitvoerende Bestuur

Die verkiesing van die Uitvoerende Bestuur vir die volgende dienstermyn van twee jaar, het tydens die Beraad plaasgevind.

Die Uitvoerende Bestuurslede vir die volgende twee jaar is:

President Mignon Smit
Wes-Kaap Gebied 1 Mariaan Herbert
Wes-Kaap Gebied 2 Elri Theron
Oos-Kaap Gebied 3 Anneke van Wyk
Noord-Kaap Gebied 4 Erika Williams
Vrystaat Gebied 5 Kam Botha
Vrystaat Gebied 6 Souise Maritz
KZ-Natal Gebied 7 Hester Kok
Mpumalanga Gebied 8 Elize Gouws
Limpopo Gebied 9 Lizette Olivier
Noordwes Gebied 10 Nita Nel
Gauteng N Gebied 11 Yolande van Tonder
Gauteng S Gebied 12 Helen Smit
Oos-Kaap Gebied 13 Elizabeth Vosloo
Uitoerende Beampte Magdie de Kock
Administratiewe Beampte Elsa Greyling

‘n Paar hoogtepunte …

  • Instelling van ‘n nuwe President en Uitvoerende Bestuur.
  • Erediens word gelei deur Dr.  Braam Hanekom.
  • ‘n Paneelbespreking onderleiding van Korien Sander.
  • Bekende Suid-Afrikaanse sprekers en kunstenaars.
  • Aandprogram deur Lize Beekman geborg deur ATKV.
  • Martie Pansegrouw, die redaktrise van Rooi Rose.
  • ’n Kos- en kookdemonstrasie deur Ulla Pakendorf van Ontbytsake.
  • Die pragtige stem van Mariëtte Pitout met begeleiding deur Sanmari Maritz
  • Bekendstelling van die JDD/DK-dagboek van 2011.

‘n Woord van dank en waardering aan ons borge en donateurs:

  • Westfalia as Hoofborg.
  • Suzette Viljoen van Witrivier Koraal-tak.
  • La-Colline.  Port Elizabeth.
  • Techno-Dent. Port Elizabeth.
  • ATKV.
  • Solidariteit.
  • Sanlam.  Port Elizabeth.
  • Indwe Risk Management.  Port Elizabeth.
  • Momentum Health.  Pretoria.
  • Salt Network Publishers.
  • Caltex.  Wavelands.  Jeffreysbaai.
  • Marina Seesout.
  • Ou Mutual.  Port Elizabeth.
  • Kammaridge Motors.  Port Elizabeth.
  • Masterton’s Koffie- en Tee spesialiste.  Port Elizabeth.

Die President en lede van die Uitvoerende Bestuur bedank DK-lede wat  Die Damesberaad

bygewoon het.

’n Volledige verslag van Die Damesberaad sal by die Januarie 2011-Nuusbrief ingesluit word.

Foto’s van die Damesberaad is beskikbaar op bestelling.

R120.00 per disket.  Skakel die fotograaf, Malcolm Logan,

vir meer inligting.  Sel:  083 321 1750