Mediaverklaring na afloop van die Damesberaad 2010 PDF Afdruk E-pos

DIE BERAAD VAN DIE DAMESKRING IS SUKSESVOL AFGEHANDEL EN  AFRIKAANSE CHRISTENVROUE HET DIE HOOGGETY GEVIER!

Die Tweejaarlikse Damesberaad van Die Dameskring is vanaf 1 tot 3 Okotber 2010 in Jeffreysbaai aangebied.

Die Dameskring is ʼn Nasionale Christen-kultuurorganisasie vir Afrikaanssprekende vroue wat hulle beywer vir die bemagtiging van alle vroue om ʼn verskil in hul gemeenskappe te maak. Met die tema, Vier die Hooggety, is daar deur die 350 Beraadgangers gefokus op bemagtigende en waagmoedige leierskap wat veral in tye soos vandag van kardinale belang is.

Tydens hierdie Damesberaad is daar gefokus op morele waardes, die rol van moraliteit en etiek in die moderne samelewing en baie spesifiek, die rol wat die VROU kan en moet speel in hierdie verband.

Bekende sprekers, waaronder Dr Deon Rossouw, kenner van Etiek, het as die openingspreker opgetree.  Sy toespraak was inleidend tot ‘n Paneelbespreking, onderleiding van Dr Korien Sander,  waartydens kundiges oor moraliteit en waardes besin het.  ‘n Groepbespreking wat daarop gevolg, het, het aan Beraadgangers die geleentheid gebied om deur hul insette, fokusareas te bepaal waarmee Die Dameskring in die volgende 2 jaar hul lede gaan bemagtig en toerus.

Tydens hierdie Damesberaad is ‘n nuwe President, asook ‘n nuwe Uitvoerende Bestuur,  wat vir die volgende 2 jaar die leiding sal neem, verkies.  Me Mignon Smit, ‘n optometris van Frankfort was onbestrede genomineer en neem nou die presidentskap oor van me Karen Hauman, wie se termyn van 4 jaar, verstryk het.

Lede het ook kennis geneem van ‘n landwye opheffings- en toerustingsprojek wat deur befondsing vanuit die buiteland, Die Dameskring in staat gaan stel om in 2011 opnuut hul visie uit te leef.   ‘n Splinternuwe Dagstukkie-dagboek vir 2011 wat gesamentlik uitgegee word deur die JDD en Die Dameskring, is ook tydens die Beraad-by-die-See bekendgestel.

Soos in die verlede het Die Dameskring tydens hierdie Beraad weer ‘n Suid-Afrikaanse vrou vereer met ‘n toekenning.  Die  “Vrou van Formaat”- toekenning is hierdie jaar aan me Lindie Strydom gegee.  Sy het dit ontvang vir die betekenisvolle bydrae wat sy lewer as rolmodel en die navolgenswaardige voorbeeld wat sy stel as jong, Afrikaanse Christenvrou.

Die Beraad is op 3 Oktober afgesluit met ‘n Erediens wat gelei was deur Dr. Braam Hanekom.

Vir verdere navrae kontak Magdie de Kock, die Uitvoerende Beampte van

Die Dameskring.  Tel:  011 482 8228.  E-pos:  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien