Die UB borg Die Dameskring visie in WAT PDF Afdruk E-pos

 
Die Dameskring Beursfonds Riglyne PDF Afdruk E-pos

RIGLYNE VAN AANSOEKE VIR DIE DAMESKRING BEURSFONDS

Algemene Vrae:

1. Wie mag aansoek doen?

  • DK-lede se kinders en kleinkinders met
  • Afrikaans as eerste (huistaal)

2. Watter dokumentasie moet die aansoek vergesel?

  • Getuigskrifte van die skool (Hoof) en kerk (Dominee of Pastoor)
  • Motiveringsbrief van aansoeker
  • Bewys van hoogste kwalifikasie behaal (hetsy Gr11/12 of ander tersiêre jaarpunte)

3. Is daar slegs sekere studierigtings wat kwalifiseer?

Die student kan vir enige studierigting aansoek doen wat verkieslik in Afrikaans aangebied word.

4. Aan wie word die fondse oorbetaal?

Fondse sal by tersiêre instelling inbetaal word en/of boekgelde by boekverskaffers.

5. Is die beurs slegs vir Eerstejaar studente?

  • Nee, enige student met ʼn geldige studentenommer kan aansoek doen.
  • Suksesvolle en onsuksesvolle aansoekers mag jaarliks weer aansoek doen.

6. Wat is die Finansiële implikasies indien ʼn student sy/haar studies sou staak?

  • Indien ʼn student self sy studies staak, moet bedrag terugbetaal word.
  • Gevalle waar ʼn student wat weens gesondheidsredes of tragedie nie verder kan studeer nie sal na die Uitvoerende Bestuur verwys word vir oorweging.

Vir meer inligting skakel die Kantoor 011-782 4496

 
Facebook PDF Afdruk E-pos

Besoek ons op Facebook vir die nuutste informele nuus en gebeure.  Word deel van hierdie aanlyn kuierplek!

 
Ondersteuningsgroep PDF Afdruk E-pos

ONDERSTEUNINGSGROEP VAN DIE DAMESKRING

Die behoefte het ontstaan (vanuit die DK lede) om ‘n Ondersteunings groep binne Die Dameskring te begin.

Rede - Om lede, en nie-lede, wat ‘n hart het vir die organisasie, die kans te gee om meer terug te gee aan die organisasie. Om ‘n platform te skep waar individue onderling kan kommunikeer.

Wie kan lede word - Enige persoon wat ‘n hart vir Die Dameskring en die organisasie se doelstellings het. Lidmaatskap is vrywillig, en die lede het nie enige direkte inspraak in die bestuur van die organisasie nie. Lede se insette en advies sal met tye waardeer word.

Wat kos dit - R 120 per jaar, vooruitbetaalbaar vanaf 1 Maart.  Indien na 1 Maart aansluit, is ledegeld R10 per maand, vooruitbetaalbaar tot en met einde Februarie van die volgende jaar.

Waarvoor word die geld gebruik - Om o.a. te help met die bemarking van Die Dameskring, of om aan te wend waar die behoefte ontstaan.

Wie gaan die groep behartig - ‘n DK lid sal aangewys word as sameroeper van die groep en aanvaar verantwoordelikheid vir die kommunikasie van die groeplede. Die groeplede sal ook op gereelde basis op hoogte gehou word van gebeure binne die DK.






Naam: .......................................................           Van:  .....................................................................

Tel: ...........................................................           Epos: ...................................................................

Posadres: .................................................            Fisiese adres: ........................................................

...................................................................           ...........................................................................

...................................................................           ............................................................................

Is u lid van Die Dameskring: .................            Lidnommer:  ...............................................................

Inbetalings kan gedoen word by:

Bank:                      ABSA  Aucklandpark        Takkode:  335 105
Rekeningnaam:        Sirkelbelegging
Rekeningnommer:    2840 750 062
Verwysing:              Naam, OGDK

Vir enige navrae, kontak Die Dameskring by 011-782 4496, of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Faks deposito bewys en inskrywingsvorm na 086 550 3968.

 
Die Dameskring Beursfonds PDF Afdruk E-pos

DIE DAMESKRING BEURSFONDS
As sameroepster van die Beurskomitee is dit vir my aangenaam om hierdie skrywe aan elkeen van julle persoonlik te rig. Julle is alreeds bewus van die besluit wat geneem is op die Beraad 2010, om ROF te vervang met Die Dameskring Beursfonds. Ons wil weereens DK-lede herinner dat hierdie Fonds deur die DK bestuur- en geadministreer sal word. 'n Komitee is op die UB-vergadering vir hierdie doel verkies.

Die gedagte is dat DK-lede se dogters of kleindogters, wat hulp verlang, baat sal vind by hierdie Fonds, hetsy bystand deur die aankoop van boeke gedurende hulle kursus, of tersiêre opleiding in die algemeen. Die persoon sal voldoen aan die kriteria van die Fonds soos deur die Komitee bepaal en onderskryf. Volledige besonderhede sal later verskaf word.

My dankbaarheid gaan aan elke DK-lid en tak wat alreeds tot die Fonds bygedra het, maar doen terselfdertyd 'n verdere beroep om 'n vrywillige bydrae. Indien 'n tak 'n fondsinsamelingsprojek loods (soos in die verlede) sal 'n addisionele bydrae waardeer word, om sodoende die Beursfonds te versterk om jongmense so gou moontlik by te staan.

Laastens, net ter inligting.  Die R5.00 wins op elke bottel Westfalia-olie wat verkoop word, word ook na die Beursfonds gekanaliseer!

Vir verdere navrae kontak Helen Smith (UB Gauteng-Suid - 083 925 3030
epos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .


Hartsgroete
Helen

"Ons vreugdes het meer geword omdat ons dit kon deel, en ons liefde het gegroei omdat ons dit kon weggee vir mekaar"

 
Saldanha tak skenk Bybels aan Laerskool PDF Afdruk E-pos

Op 31 Maart 2011 het Die Dameskring van Saldanha 34 Bybels, getiteld God se kinders, deur Emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu, aan die Laerskool Saldanha oorhandig.

Emiritus-aartsbiskop Tutu se storiebybel vir kinders beloof om wêreldwyd aandag te trek. Die betrokke bybel bevat, volgens die uitgewer, meer as 50 van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament en word in besielende taal vertel en visueel aangevul deur tekeninge van plaaslike en internasionale illustreerders. Elke storie word afgesluit met ’n kort gebed. Die Bybels is bedoel vir kinders tussen die ouderdomme 4 tot 7 jaar.

Emiritus-aartsbiskop Tutu hoop dat uiteindelik 1 miljoen  van sy storiebybels kinders sal bereik.

 

Van links na regs verskyn Sonja Hurter, J.C. Carstens (Skoolhoof, Laerskool Saldanha), Sally van der Merwe en Magriet van der Merwe.

Berig en foto deur Davelina Nelson

 
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL