|
Mocca Java-tak - Carpe Diem... |
|
|
|
|
Die Splinternuwe tak, Mocca Java, met jong lede is vier maande gelede in Port Elizabeth gestig. Hulle is vol entoesiasme oor hul DK-betrokkenheid en geniet elke vergadering onder voorsitterskap van Rhode Terblanche. Hulle boodskap aan ander lede van Die Dameskring is: “Carpe Diem – gryp hierdie dag…want môre is dit verby”. |
|
Omgee-ontbyt - 7 Februarie 2009 |
|
|
|
|
Durban Hawesig hou op 7 Februarie 2009 'n feestlike OMGEE-ONTBYT waartydens die kindersboekskrywer, Jaco Jacobs optree. Die Dameskring word bekendgestel deur Hester Kok, die Sekundus vir KwaZuku/Natal. 'n Bedrag van R4 700 is ingesamel vir die behoeftige kinders van Port Natal-skool. Lapaboeke het die reis- en verblyfuitgawes van Jaco Jacobs geborg.
| 
Henta Liebenberg en Ria Dirker, DK-Lede van Hawesig besig om die boeke-uitstalling te besigtig. | | Hester Kok en Susan van Rooyen
| 
Annette Robertson, 'n vriendin en Lizelle Rosslee |
|
|
DK Hawesig se eerste vergadering vir 2009 |
|
|
|
|

Van links na regs: Maretha Pienaar, Henta Liebenberg, Annette Robertson, Susan van Rooyen(Voorsitter),Ria Dirker,Erna van Tonder, Marlyna le Roux(Sekretaresse)
DK Hawesig se eerste vergadering vir 2009 is aan huis van Ria Breed, Uitvoerende Bestuurslid vir KZN. Die tema van die vergadering was HOOP. Die dames het mekaar se liggies aangesteek as simbool van ons onderlinge samewerking en vertroue. |
|
Dundee-tak eindig die jaar se DK-werksaamhede met 'n "hoogtepunt"! |
|
|
|
|

Dorea, die tak-voorsitter sê: "Ons taklede en hulle gades was op een van die DK-lede, Margarete Gunter, se plaas vanwaar ons met vierwiel-aangedrewe voertuie teen die berg uit gery het tot op die hoogste punt. Dit was 'n belewenis! Daar was geen gemaakte pad nie, en ons moes deur klippe en gate worstel om bo te kom. Dit was alles die moeite werd, want 'n wonderlike uitsig vanaf die berg het ons begroet! Ek is seker al die lede en hulle gades sal "hoogtepunt-dag" nooit vergeet nie! |
|
|
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>
|
|
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL |