PDF Afdruk E-pos

KULTUUR OM DIE KOSPOTTE BY VOORTREKKERMONUMENT (VTM) VIR VROUEDAG

Die Voortrekkermonument bied op Saterdag, 6 Augustus 2011 ‘n spesiale dag in die Monument Onthaalsentrum op die terrein aan ter viering van Vrouedag 2011.  Die tema is “Kultuur om die Kospotte”.

Vir die afgelope agt jaar vier Die Dameskring vrouedag en daarmee tree ons toe tot die landswye viering deur ander vroue en -organisasies.  Verlede jaar het Die Dameskring besluit om op uitnodiging van Die Erfenisstigting, ons kragte saam te snoer om Vrouedag te vier.  Na aanleiding van die suksesvolle geleentheid het ons besluit om dit hierdie jaar te herhaal en het ‘n nuwe vennote in ROOI ROSE en LAPA Uitgewers gevind.

Die Voortrekkermonument is die ideale plek om hulde te bring aan vroue se bydrae tot ons land en daar is besluit om hierdie geleentheid op Saterdag, 6 Augustus aan te bied, om werkende vrouens van alle kulture ook te betrek. Die geleentheid was so gewild verlede jaar, dat nie alle belangstellendes geakkommodeer kon word nie.  Gevolglik is besluit om vir meer gaste voorsiening te maak en hierdie gebeurlikheid ‘n jaarlikse instelling te maak.

Die buffet-ete sal verskillende kulture se disse uitbeeld sodat die dames ‘n verskeidenheid van kulture kan ervaar.  Die Monument Onthaalsentrum  sal vir hierdie doel gebruik word aangesien dit die nodige ruimte bied, asook meer ruimte vir uitstallers as verlede jaar.  Hierdie jaar wil ons ook minstens ‘n uur toelaat vir gaste om etes te nuttig en te sosialiseer.  Die organiseerders sal ook die gaste weer geleentheid bied om nader kennis te maak met die uitstallings op die terrein.

Die dames sal toegespreek word deur twee uitnemende sprekers, geborg deur Lapa-uitgewers en die organiseerders beoog om 300 gate by die geleentheid te verwelkom.

Kontak gerus Die Dameskring kantoor vir verdere inligting:

Tel:  011 782 4496_               Per e-pos:  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 
Hulp aan Saldanha Slagofferondersteuningskamer PDF Afdruk E-pos

Tydens die Maart vergadering van die Dameskring van Saldanha, is 'n bewys van donasie aan Adjudant-offisier Yolanda Kotze van die SAPD, Koördineerder van die Saldanha Slagofferondersteuningskamer, oorhandig. Die oorhandiging is gedoen deur die Voorsitter van die Dameskring, Sally van der Merwe. Die doel met die projek is om die Saldanha Slagofferondersteuningskamer behulpsaam te wees in die betrokke kamer se hulp aan misdaadslagoffers. Die donasie het bestaan uit beddegoed, handdoeke, babadoeke, bababottels, koffie en vele ander noodsaaklike verbruikersitems.

Op die foto oorhandig Sally van der Merwe, aan die regterkant, die bewys aan Adjudant-offisier Yolanda Kotze.

Berig en foto deur Davelina Nelson

 
Elri Theron besoek Saldanha-tak PDF Afdruk E-pos
Vanuit 'n mistige Weskus stuur Davelina Nelson nuus.
 
Tydens die Februarie vergadering van Saldanha-tak, was Elri Theron, UB-lid Wes-Kaap 2, ons gas . Ons het groot waardering dat sy al die pad van Wellington gekom het om ons te besoek.  'n Foto is van haar en die bestuurslede geneem.
 
Agter vlnr: Anna-Tia van Jaarsveldt, Sonja Hurter, Magriet van der Merwe. Voor vlnr: Elri Theron en Sally van der Merwe.
 
Hoede-pret by Olienhout tak in PE PDF Afdruk E-pos

Marlene Liebenberg bedank Die Dameskring vir die moeite wat julle doen om die leesstof vir ons interessant te maak en stuur ‘n paar foto’s van PE Olienhout-tak se dames wat tydens Januarie se vergadering pret gehad het met die hoede tema (Lief en Leed dokument).

 
Gevaarlike hoede by Tak 147! PDF Afdruk E-pos

Die Gevaarlike Hoede Bende was behoorlik los by die Eerste Vrouediens vergadering by die NG Kerk in King William’s Town op 7 Februarie 2011.  Ons gaan definitief hierdie Nuwe Jaar, Lag-Lag aanpak!!

Die aand was ‘n wenner, ek dink die aangehegte fotos spreek boekdele.  Die terugvoering wat ek ontvang het was dat hierdie gevaarlike hoede bende “jou gryp en diep binne in jou hart in klim”.  “Hulle sal altyd daar wees vir jou in tye van nood,  of sommer net om jou ‘n drukkie te gee, ‘n woordjie van vertroosting en ondersteuning te gee waar nodig”.  “Hulle laat jou altyd so tuis voel en so baie spesiaal!!”  “Ek is so bly hulle het my gegryp!!”

Elkeen het ‘n storie te vertel gehad van hul hoed, hetsy of dit met Lief of Leed te doen gehad het.  Die Pitkos, “Drukkies – die taal sonder woorde!” het baie dames diep geraak.  Die Gespreksdokument het baie mense laat besef, dat lag jou eenvoudig net goed laat voel.

Daar is pryse uitgedeel aan “Die mooiste hoed”, Die “Snaakste Hoed” en die “Oorspronklikste Hoed”.

Ek is daarvan oortuig dat 2011 vir ons ‘n wonderlike jaar vol Binnepret sal wees!!

Berig en foto's deur San-Mari Badenhorst, King William’s Town

 
Die Dameskring maak 'n verskil by Excelsior Skool PDF Afdruk E-pos

Die Uitvoerende Bestuur van Die Dameskring het besluit om handjie by te sit by die oudste Afrikaanse skool in Suid Afrika.
Excelsior Laerskool in Port Elizabeth se 29 jarige klimraam het 'n baie nodige 'Botox-inspuiting' gekry deur 'n R10 000 donasie van Die Dameskring. 
Amanda Mulder skryf in haar e-pos and die kantoor:  "Dameskring het werklik 'n verskil gemaak in die lewens van ons 50 huidige leerlinge in die PP-klassie en ook aan die 50 voornemende leerlinge van 2011.  Hulle gaan nog lekker speel!  Dit is 100 kinders waaraan ons 'n daadwerklike verskil gemaak het vir +-200 skooldae 'n jaar en daarvoor sê ons dankie!"

Excelsior klimraam

 
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL