|
President van Die Dameskring besoek die Weskus |
|
|
|
|
Gedurende die naweek van die 13 en 14November, het Mignon Smit, die nuwe President van Die Dameskring ‘n besoek aan die Weskus gebring. Sommige van die Saldanha-tak se Dameskring-lede was bevoorreg om daardie Sondag na kerk saam met haar op Sally van der Merwe, voorsitter, se plaas te kon teedrink en smul aan heerlike eetgoed. Ons glo en hoop dit was nie die laaste besoek van ons President, Mignon, nie!

Op die foto op die bank, vlnr:Davelina Nelson, Susanna le Roux, Hanna Kotzé, Mignon Smit, Ria Potgieter, Suritha du Plessis (JDD President) en Marina Fourie.
Voor sit vlnr: Sally van der Merwe en Sonja Hurter.
Berig en foto deur: Davelina Nelson. |
|
PARTYTJIETYD IN DIE KAROO... NA 7 JAAR BLOM NOUPOORT-TAK STEEDS! |
|
|
|
|
Dit het al ‘n instelling geword dat die DK-tak op Noupoort in die Karoo, jaarliks ‘n spoggerige Damesoggend aanbied.
Hierdie jaar het dit saamgeval met die herdenking van die tak se stigting sewe jaar gelede en dit is op ‘n besondere manier gevier met die tema van ‘n kleurvolle, vrolike kinderpartytjie!
Meer as 100 dames het dit bygewoon. Die nuwe President van Die Dameskring, Mignon Smit sowel as die Uitvoerende Bestuurslid van die Oos-Kaap Gebied, Elizabeth Vosloo, was as eregaste genooi.
Die verversings was heerlik, die musiek was vrolik, die uitstallings was interessant en pragtige artikels is te koop aangebied. Die kunstenaars wat opgetree was die oulike haasbekkies van die plaaslike kleuterskool en ‘n paar van die lede wat saam met hul dogtertjies klavier-uitvoerings gelewer het.
Die geleentheidspreker was Magdie de Kock. Sy het die dames aangespoor om as unieke mense met unieke geleenthede in unieke omstandighede hul uniekheid te omhels!

Lede van Noupoort-tak en eregaste:
Vlnr: Elmarie, Elmine, Nelie, Anita, Mignon Smit (DK-president), Sandra (voorsitter) en Magdie de Kock (Geleentheidspreker).

Uitvoerende Bestuurslid van DK, Elizabeth Vosloo, in die middel, met twee van haar mede-taklede van Burgersdorp.

Gaste en trotse mammas van die Kleuters wat as kunstenaars opgetree het.

Lede van Colesberg-tak en Mignon Smit (middel) wat die geleentheid bygewoon het. |
|
BEKENDSTELLING VAN DIE JDD/DK DAGBOEK |
|
|
|
|
Een van die eerste amptelike verpligtinge wat die nuwe DK-president,
Mignon Smit, bygewoon het, was die bekendstelling van die nuwe JDD/DK Dagboek.
Hierdie bekende en gewilde dagboek is vir die eerste keer gesamentlik saamgestel en uitgegee deur Jong Dames Dinamiek en Die Dameskring. Die dagboek bevat oudergewoonte ’n versameling van skilderye deur ’n bekende Suid-Afrikaanse skilder, maar hierdie keer sluit dit ook dagstukkies wat deur lede van Die Dameskring geskryf is, in.
Die unieke dagboek is ’n droom van die pas-uitgetrede DK-president, Karen Hauman, wat waar geword het. Onder haar leiding is die moontlikheid daarvan ondersoek. Sy was verantwoordelik vir die samestelling van die dagstukkies en die proeflesing daarvan en in haar voorwoord spreek sy dank en waardering uit teenoor almal vir hul bydrae tot die groot deurbraak.
Die spoggeleentheid was aangebied deur JDD en dit het op 16 Oktober 2010 op die wynplaas, Welmoed, in die skilderagtige omgewing van Stellenbosch, plaasgevind. Genooide gaste is trakteer op voorlesings uit die dagboek deur Elri Theron, Uitvoerende Bestuurslid van Die Dameskring, ’n wynproe en ’n baie smaaklike middagete.
Die kunstenaar, Alexis Bester, wie se skilderye in hierdie 2011-uitgawe van die JDD/DK-dagboek gebruik is, was die gasspreker by die geleentheid. Hy het gesê hy skilder graag vir die pure genot daarvan en “om mense se lewe te verryk en hulle tot hoër denke te inspireer”. Die gaste het dit geniet om te hoor dat vroue die inspirasie vir Alexis se kunswerke is!
Die pragtige dagboek is tans by toonaangewende boekwinkels beskikbaar en word ook deur JDD- en DK-takke versprei.
Belangstellendes kan navrae aan die DK-kantoor rig. (011 482 8228).
Die onderstaande foto’s bevestig die gesellige atmosfeer waarin die bekendstelling plaasgevind het.

Vlnr: President van JDD, Suritha du Plessis, Alexis Bester, kunstenaar, en Mignon Smit, president van Die Dameskring.

JDD en DK klink 'n glasie op 'n droom wat vir beide organisasies waar geword het!
Vlnr: Charmaine Cooper, Vise-president van JDD. Mignon Smit, President van DK en Suritha du Plessis, President van JDD.

'n Kleurvolle uitstalling van die splinternuwe JDD/DK Dagboek

Vlnr: Lede van Die Dameskring: Rina Grové, Elri Theron en Mignon Smit.
Berig: Uitvoerende Beampte van Die Dameskring. |
|
Graaff-Reinet se Vrouedag-funksie |
|
|
|
|
Die Dameskring-lede van Graaff-Reinet het vanjaar besluit om hande te vat met organisasies in ons dorp om ‘n spesiale Vrouedag-oggend te hou vir ons dorp se dames op Donderdag 5 Augustus 2010. Ons het in samewerking met ons plaaslike Sanlam-tak hande gevat en ‘n dames-funksie aangebied. Die inkomste van die kaartjieverkope is aan die plaaslike ACVV Ouetehuis, Huis van de Graaff, geskenk. Die lede van Die Dameskring het gesorg vir gasvroue vir elke tafel vir die spog-geleentheid, en ons lede het almal beïndruk met hul spoggerige tafels! Gasvroue van beide die oggend- en aandtakke het as gasvroue opgetree. Tafelversierings het gewissel van handsakke met blomme, kerse wat brand op tafels (vir die oorlewende Kankerlyers) , appels en klein vetplantjies – so eg uit die Karoo!
Die tema van die dag was “Hoed en Handsak” – dit was omtrent moeilik om te besluit wie met die prys moet wegstap vir die mees besondere hoed en handsak! Hoede het gewissel van selfgemaakte hoede uit Koerantpapier met bypassende handsakke, hoede uit toeka se dae, Safari –hoede, die goeie ou strooi Strandhoede wat opgemaak is uit enige iets van blomme tot teelepels!!
Daar was verskillende sprekers wat die luisteraars gestimuleer het nadat die verrigtinge toepaslik met ‘n gebed geopen is deur een van ons plaaslike predikante. Sanlam het inligting oor trauma-& siekte dekking oorgedra asook die voorsorg wat vir aftrede getref moet word. ‘n Skoonheidsterapeut in die dorp het ‘n paar wenke gegee oor hoe om tuis produkte aanmekaar te flans wat jou sak pas en wondere vir jou vel kan beteken. Sy het ook prakteise grimeerwenke gegee en gepraat oor verskillende veltipes. Ons is baie trots op die bydrae wat een van ons Dameskring lede, Me Hannetjie Pieterse gelewer het – sy het saam met haar vriendin (abei betrokke by ons plaaslike Hospice Organisasie), die dames ingelig oor die dienste wat die plaaslike Hospice lewer en inligting oor die agtergrond en ontstaan van hierdie organisasie in ons dorp. Haar vriendin het inligting rakende Borskanker gegee.
Ons kan met trots aankondig dat ons oor die grense hande gevat het met ander organisasies in ons dorp, 100 spesiale Dames, Ma’s en Ouma’s intellektueel gestimuleer en ietsie dekadents gegee om aan te peusel terwyl hul lekker gesellig kon kuier in die DORP van die JAAR, terwyl al die fondse oorgedra is aan ‘n instansie wat dit broodnodig het!
‘n Spesiale dankie aan Sanlam vir die ruim donasie om die Damesfunksie moontlik te maak sodat die inkomste aan liefdadigheid geskenk kon word.
Berig en foto’s deur: Izienne van Jaarsveld
Foto’s:
Vallerie Fourie se wen-tafel en Petro van Schoor met haar wen-hoed! |
|
KRANSLEGGING BY MUUR VAN HERINNERING |
|
|
|
DIE DAMESKRING NEEM DEEL AAN DIE KRANSLEGGING BY DIE SA WEERMAG MUUR VAN HERINNERING
Op Sondag, 15 Augustus 2010 het die Uitvoerende Beampte namens Die Dameskring deelgeneem aan ’n kransleggingseremonie by die SA Weermag se Muur van Herinnering op die terrein van die Voortrekkermonument in Pretoria.
Meer as 120 kranse is gelê om eer te betoon aan die nagedagtenis aan lede van die Weermag wat tussen 1961 en 1994 hul lewens verloor het in die soeke na ’n politieke oplossing en in diens van die land. Persone wie se name met ’n asterisk gemerk is, is gedood in aksie. Die res het onder ander omstandighede gesterf. Die naamlys sal jaarliks aangevul word om voorsiening te maak vir moontlike regstellings en byvoegings.
Gedurende die tydperk 1961-1994 is bykans bomenslike eise aan die Suid-Afrikaanse Weermag gestel. Die self-opofferende bydraes van persone soos dié wat op die muur herdenk word, en hul agtergeblewe naasbestaandes, het gehelp om die SAW een van die bestes in Afrika te maak en tyd te koop vir die soeke na ’n politieke oplossing vir die komplekse situasie in Suider-Afrika.
Met die krans wat namens DK gelê is, eer ons hul gedagtenis.
Die SA Weermag Muur van Herinnering is met vergunning van die Direksie van die Voortrekkermonument en Natuurreserfaat (VTM), ’n Afr 21-maatskappy sonder winsmotief, opgerig. Dit is moontlik gemaak deur privaat skenkings en fisiese bydraes. Geen staatsgeld is daarvoor gebruik nie.
Berig: Magdie de Kock.
Uitvoerende Beampte van Die Dameskring.
Bron: VTM-direksie.
|
|
DIE DAMESKRING REIK UIT... |
|
|
|
|
Strand-tak van Die Dameskring se projek vir 2010 is die ondersteuning van die Moompi Projek van die Laerskool Hendrik Louw in die Strand.
Die Moompi is `n projek waar `n groep mammas van die skool kinders met spesifieke probleme op `n weeklikse basis help.
Mariaan Herbert, voorsitter van die Tak berig:
Vrydagaand, 23 julie 2010, het ons `n baie geslaagde funksie in die skool se skoolsaal aangebied. Alida Kruger, een van ons lede, het in samewerking met ander kunstenaars `n heerlike sang en voordragaand met die tema "So van die liefde gepraat..." saamgestel. Die ongeveer 250 gaste kon vooraf wyn, sap en versnaperings geniet. `n Kunsuitstalling deur Mindi Flemming, illustreerder van oa tydskrifte soos Huisgenoot, Finesse en You, het ekstra luister aan die aand verleen. Sy het spesiaal 10 skilderye met die liefde as tema vir die aand gemaak. Marlize Lotz, dekor-ghoeroe wat gereelde insetsels op Pasella lewer, het ons met die mooimaak van die saal en voorportaal gehelp. Sy is die skoonsus van 2 van ons lede.
Ons kon die pragtige bedrag van R6 500 aan die skool oorhandig en kon ook nog R400 tot die Voorsorgfonds van DK bydra.
’n Foto-samestelling beeld die fondsinsamelingsfunksie uit.
|
|
|