|
VROUEDAG VIERING BY HOëRSKOOL SAREL CILLIERS, GLENCOE. |
|
|
|
Op Vrydag 6 Augustus het ons skool se dogters en opvoeders Vrouedag gevier. Almal se gesigte het gestraal toe hulle in die skoolsaal bymekaar gekom het. Elke dogter en dameslid van die personeel het 'n snytjie koek ontvang wat Deur die Dameskring gereël is. Almal het smaaklik daaraan gesmul. Berig deur: Dorea AANGEBIED DEUR DIE DAMESKRING. DUNDEE-TAK
  
|
|
PASSIEVOLLE VROUE VIER VROUEDAG BY DIE VOORTREKKERMONUMENT |
|
|
|
|
Die Dameskring en die Erfenissentrum het op Woensdag, 4 Augustus ‘n spesiale dag in die Blikkantien Restaurant op die terrein van die Voortrekkermonument aangebied ter viering van Vrouedag. Die viering van vrou-wees het aangesluit by die 100-jarige herdenking van Uniewording. Die tema van die dag het die swier en swaarkry van vroue oor die afgelope 100 jaar uitgebeeld.
Die swierigheid was uitgebeeld met trourokke wat uit daardie era dateer en met die kunsuitstalling in die Galery kon mense kennis maak met die swaarkry tydens die Anglo-Boereoorlog.
Die gewilde RSG-omroeper, Amore Bekker, het as spreker opgetree en sy het gepraat oor “die stemmetjie hier binne ons – die sesde sintuig waaroor vroue beskik”.
Sonja Lombard het met ‘n insiggewende aanbieding die terrein van die Voortrekkermonument bekendgestel. Karen Hauman, het as president van Die Dameskring hierdie organisasie vir Afrikaanse Christenvroue bekendgestel. Die program was gelei deur Magdie de Kock. Die komiteelede wat vir hierdie unieke vrouedag verantwoordelik was, was: Riette Zaaiman, Cecilia Kruger, Karien van Deventer, Magdie de Kock, Barbara Muller en Helen Smith. 180 kaartjies vir die geleentheid is binne twee weke uitverkoop en as gevolg daarvan beoog die VTM en Die Dameskring om hierdie gebeurlikheid ‘n jaarlikse instelling te maak.
Die Voortrekkermonument is die ideale plek om hulde te bring aan vroue se bydrae tot ons land en volgende jaar gaan meer vroue hier vergader om Vrouedag te vier!
Erkenning en dank word gegee aan die volgende donateurs: Westfalia, Rooi Rose, Leo Haese van Hatfield, Pretoria, Helpende Hand, die Erfenisstigting en Die Dameskring.
Saamgestel deur:
Magdie de Kock.
Uitvoerende Beampte. |
|
CENTURION KAREE-tak se fondsinsameling vir die RAPPORT ONDERWYSBEURSFONDS |
|
|
|
DIE HA!MAN - Francois le Roux met sy Tjello, klavier en orrel
Julle mag dit nie misloop nie! ‘n Groot kunstenaar in eie reg.
Woensdagaand 18.30 op 25 AUGUSTUS 2010 in LYTTELTON-NOORD SE KERK
Monumentlaan (dieselfde kant van Cantonmentsweg as die Unitas Hospitaal)
Louis Leipoldt se twee kore tree saam op met sy eie skepping:
‘AFRIKANER IS MY NAAM”. Dis soos ‘n Volkslied.
R50 pp en R30 vir kinders. Bring hulle saam! Hy sluit hulle in.
Skakel met Annelize Kay 083 406 6276 of
Anthoniette Jansen 012 664 3383 / 076 166 6635
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
|
|
Waterkloof Aandblom-tak reik 'n helpende hand uit na gemeenskap |
|
|
|
|
Lees hier hoe Marietjie en Mariana, twee lede van Waterkloof Aandblom-tak hul besoek aan Daspoort aan hul mede-lede beskryf:
Liewe vriendinne
Ek en Mariana was vanmiddag in Daspoort om ons twee gesinne te besoek. Baie dankie vir uitstekende padaanwysings (Henna en Elrie) en baie goeie wenke vir die aankoop van die kruideniersware (Maretha). Nogmaals baie dankie ook vir al die bydraes wat ons gekry het om te gebruik. Dit was 'n groot voorreg om julle almal daar te kon verteenwoordig! So 'n besoek verruim jou wêreld en verwarm jou hart.
Ons tydsberekening was perfek, want dit is môre Derron se verjaardag en ons kon vir hom 'n pragtige kanariegeel Bafana Bafana sweetpaktop saamneem as geskenk. Sy ma Yvette was nog sy haar werk, maar sy sal môremiddag tuis wees vir sy verjaarsdag. Ons nuuskierigheid om sy gesiggie te sien as hy die pakkie oopmaak, was net te groot - ons het hom toe maar aangepor om te loer (sien foto)!
Ons het ook oom Thys en tannie San ontmoet en mooi gekyk hoe pragtig netjies die buite-stort is wat een van ons manne laat oorbou en teël het. Oom Thys het intussen die houtpanele van die vorige stort gebruik om sy stoepie toe te maak sodat hulle nou 'n binne kombuisie het. Behalwe die twee gesinne vir wie ons sorg, is daar nog 5 ander huishoudings op die erf van Charmaine, haar man en hulle twee kinders. Die mense bly in 4 houthuisies (Wendy huise), 'n piepklein rondawel en in die garage wat daarvoor ingerig is. Charmaine het ons nou regtig beïndruk - 'n knap, raakvatter vrou uit daardie omgewing met sterk leierseienskappe en 'n baie groot hart vir mense wat swaarkry. Sy is die Helpende Hand van daardie gemeenskap!
Baie groete
Marietjie & Mariana
 
|
|
KROONSTAD se MADELIEFIES reik uit na kanker pasiënte |
|
|
|
|
Die Madeliefie-tak van Kroonstad het mussies en serpe gebrei wat ons aan Northern Freestate Caregivers (hulle versorg kanker pasiente)
oorhandig het. Van ons vriendinne is ook met die tak-projek betrek.

Op die foto verskyn lede van die Dagbestuur: Karina Zeelie, Gertruida Gryffenberg, Ina Jagga, Felicity Combrinck van NFCG en Wilma Botha.

Tans is ons besig om speelgoed te maak wat ons graag aan die hospitaal se kindersaal wil skenk.
Berig en foto's deur Ina Jagga. |
|

Op 27 Mei 2010 het die Saldanah-tak van Die Dameskring, 'n geslaagde aand aangebied, by die Weskusskoolsaal, met Sandra Prinsloo in "Die Naaimasjien".
Sandra het die gehoor aan haar voete gehad en die aangedane gehoor het haar staande toegejuig. Fondse is ingesamel ten bate van ROF en Badisa.
Op die foto is agter vlnr: Estelle Marais, Sally van der Merwe, Amanda Loubser, Sonja Hurter, Marina Fourie, Susanna le Roux, Magriet van der Merwe.
Voor vnlr: Davelina Nelson, Sarie Marx en Sandra Prinsloo.
Berig en foto deur: Davelina Nelson |
|
|
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>
|
|
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL |