|
DIE DAMESKRING BETREE DIE WêRELDVERHOOG! |
|
|
|
|
OP 21 – 28 APRIL 2010 WORD DIE DAMESKRING VERTEENWOORDIG BY DIE 26STE DRIEJAARLIKSE WêRELDKONFERENSIE VAN DIE ASSOCIATED COUNTRY WOMEN OF THE WORLD (WêRELDBOND VAN PLATTELANDSE VROUE), IN HOT SPRINGS, ARKANSAS, VSA.
Die Dameskring affilieer in 2009 by die ACWW. Dit bied ons toegang tot die grootste vroue organisasie ter wêreld met ’n ledetal van meer as 10 miljoen vroue uit 370 organisasies wat 70 lande verteenwoordig.
As ’n Kategorie 1-organisasie word DK die geleentheid gebied om ons organisasie by die 26ste Driejaarlikse konferensie te verteenwoordig.
Die Uitvoerende Bestuur het in November 2009 besluit dat die Uitvoerende Beampte die konferensie sal bywoon. Sy was getaak om die geleentheid te gebruik om ’n voorlegging te doen om DK se aansoek om ACWW-befondsing vir ’n projek te verstewig.
Die uitgawe aan die bywoning van die konferensie was R28 000.00. Donasies van R26 000.00 is ontvang om die grootste deel van die uitgawe te dek.
Die Dameskring se aansoek om befondsing is toegestaan en in Okotber 2010 word ’n landwye projek geloods waar DK-takke die geleentheid gebied gaan word om ’n verskil in mense se lewens te maak.
Lees meer van hierdie opwindende fase wat DK nou gaan betree in die volgende Nuusbrief.


|
|
DieUitvoerende Beampte besoek takke in die Strand. |
|
|
|
|
Op 21 Mei 2010, ’n pragtige sonskyn-dag in die Kaap, ontmoet die Uitvoerende Beampte lede van die twee takke in die Strand, aan huis van Mariaan Herbert.
Tydens haar besoek, is interessante nuus vanuit die DK-kantoor met die lede gedeel. Hulle kon kennis neem van die opwindende program wat vir die komende Damesberaad beplan word, van die befondsing wat deur die Associated Country Women of the World aan DK bewillig is vir ’n projek, (die nuus sal binnekort met al die DK-takke gedeel word as dit op die Webtuiste en in die Nuusbrief verskyn) en van ‘n spesiale uitnodiging waar DK die volgende dag verteenwoordig sal word by ’n Damesdag van die ATKV in die Wes-Kaap.
Die kuier is afgesluit met heerlike verversings wat spesiaal voorberei was deur die sjarmante gasvrou, Mariaan Herbert.
Die Uitvoerende Beampte wil hierdie DK-vriendinne bedank vir die hartlike en vriendelike wyse waarmee sy ontvang is!
Berig deur:
Magdie de Kock.
Teen die tyd dat die foto geneem was, het die volgende lede reeds vertrek:
Lona de Jongh, Elsabe Dreyer en Alida Kruger.

Op die foto verskyn, agter vlnr: Hanneke Wambach en Ilse van Eeden.
Voor vlnr: Magdie de Kock, Uitvoerende Beampte, Mariaan Herbert, Sandra Cadle en Marianna Goosen. |
|
SAMEWERKING TUSSEN ATKV EN DIE DAMESKRING OPNUUT BEVESTIG |
|
|
|
|
Die goeie verhouding wat nog altyd tussen die ATKV en Die Dameskring bestaan, is onlangs opnuut bevestig met ’n besluit deur die Uitvoerende Bestuur van Die Dameskring om die AbbAsorg-program van die ATKV te ondersteun.
Om ’n kind vlerkte te gee, het ’n kind ’n ma, kos en stimulasie nodig. Nie alle kinders in Suid-Afrika is gelukkig genoeg om al hierdie dinge te hê nie, en daarom het die ATKV in 2006 reeds die inisiatief geneem om ’n sosio-maatskaplike projek genaamd AbbA-sorg te loods. Takke van Die Dameskring word nou aangemoedig om hierdie program te ondersteun en op praktiese wyse behulpsaam te wees om ’n verskil aan minderbevoorregte kinders en hul ma’s se lewens te maak.
DK-takke sal in die volgende Nuusbrief meer inligting en riglyne ontvang om by die aksie betrokke te raak.
Die Dameskring was verteenwoordig tydens die bekendstellingsgeleentheid van die AbbAsorg-program in die Wes-Kaap. Twee lede van die Uitvoerende Bestuur was deur die ATKV as eregaste genooi om die glansryke geleentheid saam met 250 vroue by te woon.

Op die foto verskyn (vlnr) Susan J van Rensburg, Uitvoerende Bestuurslid van Wes-Kaap 1-gebied, Japie Gouws, die Besturende Direkteur van die ATKV en Magdie de Kock, Uitvoerende Beampte van DK. |
|
Dames-ontbyt tydens die KKNK |
|
|
|
|
Die Kannaland-tak op Oudtshoorn het ‘n baie geslaagde Dames-ontbyt tydens die KKNK aangebied. Dk-dames en ander vriendinne het om keurig-gedekte tafels gekuier, heerlik ontbyt geëet en geluister na die Nasionale President, Karen Hauman. Volgens Petra Meyer (Voorsitter) hoop hul tak om hierdie ‘n jaarlikse instelling te maak en dit uit te bou tot ‘n soort Vroue-forum.
 



|
|
Die Uitvoerende Beampte het onlangs ‘n amptelike besoek aan 2 takke van Gebied 6 gebring.
Magdie de Kock was genooi om ‘n gesamentlike vergadering van die Bethlehem- en Harrismith-takke toe te spreek op 8 Maart 2010.
Sy was vergesel deur die lid van die Uitvoerende Bestuur van Gebied 6, Mignon Smit.
Na afloop van die vergadering is nuwe vriendskapsbande aangeknoop toe daar gesellig gekuier is terwyl heerlike verversings geniet is.

Vlnr: Alta van Heerden (voorsitter van Harrismith-tak), Magdie de Kock, Mignon Smit en Maleen vd Merwe (voorsitter van Bethlehem-tak) |
|
Samesprekings tussen JDD en DK lei tot die eerste JDD/DK-dagboek! |
|
|
|
|
In Februarie 2010 het die Dagbestuur van DK ‘n mandaat ontvang om die samesprekings met JDD voort te sit om ‘n gesamentlike dagboek uit te gee. Die President, Vise-president en Uitvoerende Beampte van DK het in opdrag van die Dagbestuur die finale reëlings met die Hoofbestuur van JDD op 27 Maart 2010 bevestig.

Magdie de Kock, Charmaine Cooper (Vise-president van JDD), Suritha du Plessis (President van JDD), Karen Hauman en Mignon Smit. |
|
|
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>
|
|
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL |