|
Die Afrikaner Belange Netwerk |
|
|
|
|
‘n Informele netwerk van organisasies wat ‘n wesenlike groep Afrikaners of Afrikaanssprekendes verteenwoordig is besig om omvattend navorsing te doen oor die toekoms ontleding vir Afrikaanse en Afrikaner-kultuurgemeenskappe.
Dit staan bekend as die Afrikaner Belange Netwerk.
Taakstelling van die ABN: Scenario’s moet ontwikkel word waarby Afrikaners en Afrikaanse organisasies bestuursmatig kan baat en wat ‘n grondslag vir gesonde strategiese besluitneming kan verseker.
Die ABN het verlede jaar ‘n Bestuurskomitee verkies. Dit bestaan uit: Piet Strauss, Chris Kloppers, Magdie de Kock, Bennie van Zyl en Flip Buys, wat ook as voorsitter verkies is.

Die Bestuurskomitee van die ABN en ander rolspelers. |
|
Port Elizabeth Olienhout-tak is fluks en fiks! |
|
|
|
|

'n Groepfoto van die DK-lede van Port Elizabeth Olienhout-tak. 
Op 13 Februarie 2010 het lede van Olienhout-tak die "5-kilometer Valentyn-stap" met groot ywer aangepak. Dit was groot pret en 'n paar van die fikse dames het selfs medaljes verwerf! |
|
Weskus-tak vier SA se reenboog van kulture |
|
|
|
|
‘n Baie interessante vergadering van Weskus-tak van Saldanah het op 9 Maart 2010 plaasgevind toe DK-lede saam met ander kultuurgroepe byeengekom het om meer te leer oor die Reënboogkulture van Suid-Afrika.
‘n Xhosa-vrou, Louise McCuen, was die spreker en Xhosa-studente het as sangers opgetree. Die leersame vergadering is afgesluit met ‘n gesellige ete met tradisionele geregte en tuisgemaakte gemmerbier. Vlnr: Marina Fourie, Martie Strauss, Anna-Tia de Villiers, Hanna Kotzé, Ria Potgieter en Susanne le Roux.
By die kospotte – vlnr: Ria Potgieter, Anna-Tia de Villiers en Martie Strauss. |
|
Hartbeespoort Hiasint-tak vergader |
|
|
|
|
Die DK-tak van Hartbeespoort Hiasint het op 11 Maart 2010 by die Ennis Kwekery, vergader. Rustende lede was ook genooi en het saam met die
huidige lede die vergadering bygewoon. Danolien Postma - GK lid vir Brits sowel as die Gebiedsvoorsitter, Nita Nel was ook teenwoordig.
Berig en foto deur: Hiasint-tak. |
|
Die Dameskring ontmoet die kleinseun van Mahatma Gandhi. |
|
|
|
Die kleinseun van Mahatma Gandhi was onlangs op besoek aan Suid-Afrika. Die historiese besoek het deel uitgemaak van ‘n feitesending oor die rol van minderheidsgroepe in Suid-Afrika.
Die Dameskring was genooi na ‘n ete met Prof. Rajmohan Gandhi en sy vrou, Usha, asook vier lede van hul organisasie, “Initiatives for Change”.
Ek was in die bevoorregte posisie om Die Dameskring te verteenwoordig. In die geselskap was slegs 5 ander prominente Afrikaanse Kultuur-organisasies ingesluit. Hierdie besondere geleentheid het op 16 Maart 2010 by die Voortrekkermonument plaasgevind.
Prof. Ghandi is die president van ‘n wêreldwye organisasie, “Initiatives for Change.” Die organisasie fokus op menseregte en gelykheid en die rol van minderheidsgroepe. Prof. Gandhi was drie jaar deel van die Indiese parlement en het talle boeke en artikels geskryf oor menseregte, Indiese onafhanklikheid, die verhouding tussen Indië en Pakistan en ’n paar biografieë oor sy beroemde oupa, Mohandas (Mahatma) Gandhi.
Hy en sy vrou was baie beïndruk met die visie van Die Dameskring en het groot belangstelling getoon in die projekte wat takke aanpak. Die beïnvloedingsrol wat DK, as ‘n minderheidsgroep speel, het hy as prysenswaardig bestempel.
Berig: Magdie de Kock.
 Usha Gandhi ontvang ‘n geskenk van die Uitvoerende Beampte van Die Dameskring, Magdie de Kock.
 Die Uitvoerende Beampte van Die Dameskring, Magdie de Kock (2de van links), in die teenwoordigheid van Prof. Rajmohan Gandhi, sy vrou Usha, lede van die afvaardiging en ander genooide gaste. |
|
Sekelbos-tak leer lag-lag |
|
|
|
|
Die lede van Die Dameskring van Sekelbos-tak op die Springbokvlakte, het op 24 Februarie 2010 ʼn lag-terapie kursus op Tuinplaas bygewoon. Die kursus is aangebied deur Marianthie van der Walt, wat met haar drama opleiding haar toespits op gemeenskapsteater en spanbou aktiwiteite in die korporatiewe wêreld.
Marianthie het ʼn groep van 26 dames vinnig aan die speel gekry. Die verskillende aktiwiteite het konsentrasie, vindingrykheid en fisiese oefening ingesluit. Dit was daarop gerig om nuwe vriende te maak en ou vriende in ‘n nuwe lig te sien. Die dames het vinnig hul volwasse maniertjies verloor en gespeel soos kinders.
Die oggend is aangebied in samewerking met die Vlakte-tak van die Vroue Landbou Unie. Al die lede van Sekelbos tak het die geleentheid bygewoon. “Mens hou nie op lag omdat jy oud word nie, jy word oud omdat jy ophou lag”. Hierdie stukkie wysheid het nuwe betekenis gekry vir die dames wat die lagterapie kursus bygewoon het.
Marianthie van der Walt is ook die skakelpersoon vir Solidariteit se Helpende Hand- aksie in die Limpopo provinsie. Sy het die dames ingelig oor die armblanke vraagstuk en ons aangemoedig om betrokke te raak.  V.l.n.r.: Wilma van Niekerk, voorsitster van Sekelbos tak, Marianthie van der Walt, kursusleier en Aletta Havenga, voorsitster van VLU Vlakte-tak.
|
|
|
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>
|
|
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL |