|
KKNK - Damesoggend in Oudtshoorn |
|
|
|
Die Dameskring KKNK-DAMESOGGEND IN OUDTSHOORN
Liewe DK-vriendinne Ontvang asseblief hiermee die finale inligting vir die KKNK-DAMESOGGEND in Oudtshoorn. KKNK-DAMESOGGEND Dinsdag 6 April 2010 om 9:00 Welgemoed Kerksaal, Parkstraat Suid OUDTSHOORN Die kaartjies kos R50 en is betaalbaar by registrasie. Om ons te help met ons beplanning, vra ons dat u ons asseblief sal laat weet hoeveel van u taklede en nie-lede en vriendinne die Damesoggend gaan bywoon. Ons sal dit waardeer indien u ook vir ons sal laat weet indien niemand in u tak die Damesoggend gaan bywoon nie. RSVP asseblief voor 19 Maart 2010 by Petra of Una. Vind hierby ingesluit ‘n beknopte program asook padaanwysings om by die kerksaal uit te kom.
08:30 Aankoms en registrasie 09:00 Tee en verversings 10:00 Verwelkoming en opening Voorlesing / Voordrag Bekendstelling van President Presidentsrede Bedankings 11:00 Kuiertyd vir dié wat nie haastig is nie.
Moet asseblief nie huiwer om te skakel indien daar iets is wat nie duidelik is nie. DK Groete Petra Meyer Una Blignaut Voorsitter Kannaland-tak Sekretaresse Kannaland-tak O84 267 5807 084 585 2191 /
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
KKNK-DAMESOGGEND – PADAANWYSINGS
Van George Draai links in Rademeyerstraat. Kerksaal op regterkant - ongeveer 1,5 km. Van Prince Albert Draai regs in Rademeyerstraat. Kerksaal op regterkant - ongeveer 1,5 km. Van Calitzdorp Draai regs in Parkstraat Suid. Kerksaal op linkerkant - ongeveer 2,5 km. Van De Rust Draai links in Parkstraat Suid. Kerksaal op linkerkant - ongeveer 2,5 km.
|
|
Verslag - Nasionale Vrouekongres |
|
|
|
NASIONALE AFRIKAANSE VROUE-KONGRES Vroue organisasies gryp in om die invloed van armoede aan te spreek
Veertien vroue organisasies van regoor Suid-Afrika het op Dinsdag, 2 Maart 2010, ‘n Nasionale Afrikaanse Vroue-kongres in Krugersdorp bygewoon. Die kongres, wat deur die Dameskring georganiseer is, is belê om die invloed van die armoedevraagstuk onder Afrikaanse vroue en kinders pro-aktief aan te spreek.
Die kongres volg op Solidariteit Helpende Hand se Reddingsdaadkongres wat in Oktober 2009 die Afrikaner armoedevraagstuk onder die vergrootglas geplaas het.
Die Vroue-kongres het plaasgevind te midde van bejaarde vroue wat in slegte omstandighede in plakkerskampe krepeer, jong dogters wat daagliks blootgestel word aan seksuele vergrype in hierdie kampe en jong vroue wat kindertoelae as enigste uitkoms beskou. Volgens dr. Danie Langner, Uitvoerende Direkteur van Helpende Hand, wat as inleidende spreker opgetree het, het Afrikaner armoede sedert 1994 met 150% toegeneem. Tesame met ekonomiese armoede het die Afrikaner grootskaals op kulturele en geestelike vlak ook verarm. “Ons sal slegs die armoede vraagstuk suksesvol kan aanpak as almal hande vat om al die vorme van verarming aan te spreek,” het Dr. Langner gesê.
“Vroue organisasies behoort daadwerklik op te tree om ‘n verskil te maak aan die armoede kwessie en behoeftes van spesifiek vroue en kinders wat onder armoede ly. Dit is belangrik dat elke organisasie sowel as die gemeenskap verantwoordelikheid neem om hierdie tendens om te draai,” het Magdie de Kock, Uitvoerende Beampte van die Dameskring wat die kongres aangebied het en as voorsittende beampte opgetree het, gesê. Karen Hauman, Presidente van Dameskring het beklemtoon dat vroue ‘n geesteskrag het wat hulle instaat stel om ‘n positiewe rol in die samelewing te speel. Dr. Rina Venter, voormalige Minister van Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling het gesê dat Afrikaner vroue nie moet toelaat dat hulle tot op die rand van die samelewing uitgeskuif word nie. “Afrikaner vroue kan saam met Helpende Hand hulle plek in die sentrum van die samelewing opneem en met selfvertroue voortgaan om gesonde waardes in die gemeenskap te vestig.” Dr. Maryn Botha, Presidente van Dames Aktueel het aangekondig dat Dames Aktueel ‘n beursfonds vir Afrikanerdogters begin. ‘n Tjek van R10 000 is aan Helpende Hand oorhandig wat die beursfonds sal administreer.
‘n Eerste stap in die samewerking van Afrikaanse burgerlike organisasies om die probleem aan te spreek is gemaak tydens ‘n spontane besluit dat al 14 organisasies gaan affilieer by Helpende Hand se Instituut vir Gemeenskappe wat Omgee rondom die saak van Afrikaner-armoede. Op hierdie wyse word organisasies gemobiliseer om hande te vat en op ‘n gekoördineerde wyse opheffingsprojekte regoor Suid-Afrika van stapel te stuur. Volgens Dr. Langner kan enige burgerlike organisasie wat dieselfde waardes deel en nie staatsubsidie ontvang nie by die Instituut vir Gemeenskappe wat Omgee affilieer.
Die volgende besluite is onder andere tydens die kongres geneem:
- Die stigting van beursfondse vir behoeftige Afrikaanse dogters. - Die inisiëring van opheffingsprojekte vir Afrikaanse dogters en ma’s. - Deelname aan gesamentlike nasionale projekte met betrekking tot armoede - Teenkanting is uitgespreek na MultiChoice se aankondiging dat dit oorweeg word om pornografiese programme op DStv se satelliet-televisiediens uit te saai.
Verslag saamgestel deur: Magdie de Kock. Die Dameskring. |
|
Leiers van Oos-Kaap vergader gereeld... |
|
|
|
|
Brenda van Rooyen, die Uitvoerende Bestuurslid van Oos-Kaap 3 is bevoorreg om gereeld kwaliteit tyd met haar takvoorsitters deur te bring. By sulke saam-kuiers word die vriendskapsbande versterk en nuwe planne beraam om DK-sake te bevorder. Brenda van Rooyen staan by 'n versie teen 'n restaurant se muur wat deur een van Olienhout-tak se lede, geskryf is.
|
| Die vriendelike voorsitters van takke van Port Elizabeth: Agter vlnr: Fiona Wolmerans, Susan Gieselbach en Elisma Beets. Voor vlnr: Ursula Cloete en Elize Muller.
|
| Brenda van Rooyen (links) en haar ander vriendelike voorsitters: Amanda Mulder(agter) en Linda Fourie. |  |
|
|
DIE DAMESKRING BETREE DIE KKNK-VERHOOG... |
|
|
|
|
Op 6 April 2010 lei die Kannaland-tak van Oudtshoorn die Dameskring in ‘n nuwe era in wanneer Die Dameskring toetree tot die KKNK-program! Tydens ‘n ontbyt-geleentheid kan daar saamgekuier word en geluister word na die President van Die Dameskring as deel van die program wat aangebied word. Sy tree op as gasspreker en gaan die mense laat regop sit wanneer sy praat oor vroue-sake, land-sake en ander aktuele sake waarmee lede van Die Dameskring hulself besig hou! Skakel die kantoor van Die Dameskring (011 482 8228) vir meer inligting of kontak die takvoorsitter, Petra Meyer (084 267 5807) vir toegangskaartjies en meer besonderhede. |
|
Kranslegging by die inwyding van die Muur van Herinnering |
|
|
|
|
Karen Hauman, president van Die Dameskring neem deel aan die kransleggingseremonie tydens die inwyding van die "Muur van Herinnering" op 25 Oktober 2009.
Hierdie muur is op die terrein van die Voortrekkermonument opgerig ter herdenking aan lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat hul lewens verloor het in diens van die land. . |
|
|
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>
|
|
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL |