Fondsinsamelingsaand vir ROF en DK-Voorsorgfonds deur Aasvoëlkoptak in Johannesburg PDF Afdruk E-pos
Aasvoëlkoptak in Johannesburg het op 5 Mei 2009 'n baie suksesvolle fondsinsamelingsaand gehou ten bate van die Rapport Onderwysfonds en die DK-Voorsorgfonds.

Dit het die vorm aangeneem van 'n musiekaand deur Neil Bennett - die  afrigter van die Walliese Mannekoor.  Die 100 gaste wat op uitnodiging  van die Dameskringlede die aand bygewoon het, is getrakteer op  heerlike sop en brood - wat perfek gepas het by die koue reënerige  aand.  Die Wine Girlz het hul wyne uitgestal en die gaste kon daarvan  proe.  Hul het ook van hul wyn geskenk wat later die aand opgeveil is.  Nadat Neil Bennett almal met sy vrolike klavierspel betower het, is koffie en tee met sjokolade-brownies bedien.

Dit was 'n genoeglike en baie gesellige aand waartydens R25 000 ingesamel is!

Berig deur:  Irma Prinsloo.
 
Kroonstad Madelief-tak stel goeie voorbeeld… PDF Afdruk E-pos

Karina Zeelie berig:

Ons tak het 'n winter-entrepreneursprojek geloods.  Baie goeie reak

sie word ontvang.  Een van die entoesiastiese deelnemers glimlag breed.  Kyk na die foto van 'n trotse Clementina Ramasoto met haar eerste gebreide pantoffel.  Sy kon hekel, maar het geleer om te brei.

Sedert die eerste paar pantoffels wat haar kleinkind gekry het, het sy reeds baie bestellings ontvang en is sy fluks besig om ‘n verskil te maak en haar nuwe vaardigheid te beoefen!

 


 

 
Die Dameskring van Upington "kweek gesonde gesag"... PDF Afdruk E-pos

Die gewilde skrywer van opvoedkundige boeke soos "Kweek kinders met karakter" en "Kweek gesonde gesag", Hettie Britz, het onlangs meer as 150 ouers in Upington toegespreek tydens 'n een-dag-ouerskap seminaar.

Hierdie seminaar is aangebied deur die tak van Die Dameskring van Upington.

Op die foto verskyn Helet van den Berg(links), die voorsitster van die tak en Hettie Britz, die spreker.

 



 

 
Port Elizabeth Mocha Java-tak kuier gesellig saam PDF Afdruk E-pos
Die vrolike foto getuig van 'n gesellige kuier-aand van die tak waarvan die meeste lede jonger as 35 jaar is!  Een vergadering per maand is nie vir die lede van Mocha Java genoeg nie - vandaar dié ekstra aand van lekker kuier en lekker eet!  Die tak se leuse is: "Ryk, vol aroma, sterk en sonder bitterheid". En die vrolike gesigte getuig daarvan.  By dié geleentheid dra almal bruin hoede om meer fleur aan die aand te verleen!

 

 

 
Gebiedsopleiding van Gauteng-Noord PDF Afdruk E-pos

Op 31 Januarie 2009 vergader 33 bestuurslede van Gauteng-Noord vir ‘n Opleidingsessie.

Lede het mekaar beter leer ken, mekaar met probleme ondersteun, idees uitgeruil, mekaar bemoedig en geïnspireer en lekker saamgekuier terwyl hulle ontbyt geniet het.

Elke lid het ‘n handsaktooisel ontvang waarmee die Fokusareas van Die Dameskring uitgebeeld is.

Image

 Bestuurslede van Gauteng-Noord verkeer gesellig tydens

die opleidingsessie.

Image

Barbara Muller, Uitvoerende bestuurslid, Gauteng-Noord.

 

 

 
Gebiedskonferensie PDF Afdruk E-pos

Gebiedskonferensie, Gauteng Noord

7 Maart 2009


Die konferensie is voorafgegaan met die Wêreldbiddag vir Vroue wat gereël is deur die Gebedsbediening, NGK Sesmylspruit, Centurion.  Van die taklede van Sesmylspruittak is ook hierby betrokke. Die gebedsleier was Elizabeth Jordaan van Jerigo Mure.

Image


Karen Hauman, President van DK het ‘n Sertifikaat van Verdienste is aan Babs Pretorius oorhandig.  “Met opregte dank en waardering teenoor Babs Pretorius vir die betekenisvolle rol wat sy gespeel het en vir die besonderse bydrae wat sy, ter bevordering van Afrikaans, aan ons kultuurhuishouding gelewer het.”


Karen Hauman het ‘n werkswinkel oor  “Die oorvloed Vrou”  aangebied.

Na ‘n tafelgebed is ontbyt genuttig.  Elke lid wat bygewoon het, moes ‘n ontbytmandjie pak. Lede kon enige mandjie neem en die inhoud daarvan nuttig. Dit was prettig, interressant en vullend!!

Die Gebiedskomitee vir 2009 is verkies: Yolandé van Tonder, Rinie J van Rensburg, Claudine Opperman, Anthoniette Jansen en Alta Mostert.


Ons sluit af met die lees van die erekode in takverband en Yolande van Tonder lees ‘n pragtige seënbede uit Psalms.

Image

Tydens hierdie konferensie is die geborgenheid van Die Dameskring ervaar,  lede is weereens tot verantwoordelikheid in hierdie stukkende wêreld geroep en is meer entoesties oor Die Dameskring.  Die warmte van bekende DK-vriendinne is opnuut ervaar terwyl nuwe vriendskappe gesmee is.  Lede het meer geleer van hulself, gaan meer waag, hul talente aanwend, meer positief wees, meer uitreik, en nuwe lede werf.


Saamgestel deur:  Barbara Muller.  Uitvoerende Bestuurslid van Gauteng-Noord.


 

 

 

 

 
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL