Die Dameskring Beursfonds Riglyne PDF Afdruk E-pos

RIGLYNE VAN AANSOEKE VIR DIE DAMESKRING BEURSFONDS

Algemene Vrae:

1. Wie mag aansoek doen?

  • DK-lede se kinders en kleinkinders met
  • Afrikaans as eerste (huistaal)

2. Watter dokumentasie moet die aansoek vergesel?

  • Getuigskrifte van die skool (Hoof) en kerk (Dominee of Pastoor)
  • Motiveringsbrief van aansoeker
  • Bewys van hoogste kwalifikasie behaal (hetsy Gr11/12 of ander tersiêre jaarpunte)

3. Is daar slegs sekere studierigtings wat kwalifiseer?

Die student kan vir enige studierigting aansoek doen wat verkieslik in Afrikaans aangebied word.

4. Aan wie word die fondse oorbetaal?

Fondse sal by tersiêre instelling inbetaal word en/of boekgelde by boekverskaffers.

5. Is die beurs slegs vir Eerstejaar studente?

  • Nee, enige student met ʼn geldige studentenommer kan aansoek doen.
  • Suksesvolle en onsuksesvolle aansoekers mag jaarliks weer aansoek doen.

6. Wat is die Finansiële implikasies indien ʼn student sy/haar studies sou staak?

  • Indien ʼn student self sy studies staak, moet bedrag terugbetaal word.
  • Gevalle waar ʼn student wat weens gesondheidsredes of tragedie nie verder kan studeer nie sal na die Uitvoerende Bestuur verwys word vir oorweging.

Vir meer inligting skakel die Kantoor 011-782 4496