Die Dameskring Beursfonds PDF Afdruk E-pos

DIE DAMESKRING BEURSFONDS
As sameroepster van die Beurskomitee is dit vir my aangenaam om hierdie skrywe aan elkeen van julle persoonlik te rig. Julle is alreeds bewus van die besluit wat geneem is op die Beraad 2010, om ROF te vervang met Die Dameskring Beursfonds. Ons wil weereens DK-lede herinner dat hierdie Fonds deur die DK bestuur- en geadministreer sal word. 'n Komitee is op die UB-vergadering vir hierdie doel verkies.

Die gedagte is dat DK-lede se dogters of kleindogters, wat hulp verlang, baat sal vind by hierdie Fonds, hetsy bystand deur die aankoop van boeke gedurende hulle kursus, of tersiêre opleiding in die algemeen. Die persoon sal voldoen aan die kriteria van die Fonds soos deur die Komitee bepaal en onderskryf. Volledige besonderhede sal later verskaf word.

My dankbaarheid gaan aan elke DK-lid en tak wat alreeds tot die Fonds bygedra het, maar doen terselfdertyd 'n verdere beroep om 'n vrywillige bydrae. Indien 'n tak 'n fondsinsamelingsprojek loods (soos in die verlede) sal 'n addisionele bydrae waardeer word, om sodoende die Beursfonds te versterk om jongmense so gou moontlik by te staan.

Laastens, net ter inligting.  Die R5.00 wins op elke bottel Westfalia-olie wat verkoop word, word ook na die Beursfonds gekanaliseer!

Vir verdere navrae kontak Helen Smith (UB Gauteng-Suid - 083 925 3030
epos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .


Hartsgroete
Helen

"Ons vreugdes het meer geword omdat ons dit kon deel, en ons liefde het gegroei omdat ons dit kon weggee vir mekaar"