| Gevaarlike hoede by Tak 147! |
|
|
|
|
Die Gevaarlike Hoede Bende was behoorlik los by die Eerste Vrouediens vergadering by die NG Kerk in King William’s Town op 7 Februarie 2011. Ons gaan definitief hierdie Nuwe Jaar, Lag-Lag aanpak!! Die aand was ‘n wenner, ek dink die aangehegte fotos spreek boekdele. Die terugvoering wat ek ontvang het was dat hierdie gevaarlike hoede bende “jou gryp en diep binne in jou hart in klim”. “Hulle sal altyd daar wees vir jou in tye van nood, of sommer net om jou ‘n drukkie te gee, ‘n woordjie van vertroosting en ondersteuning te gee waar nodig”. “Hulle laat jou altyd so tuis voel en so baie spesiaal!!” “Ek is so bly hulle het my gegryp!!”
Elkeen het ‘n storie te vertel gehad van hul hoed, hetsy of dit met Lief of Leed te doen gehad het. Die Pitkos, “Drukkies – die taal sonder woorde!” het baie dames diep geraak. Die Gespreksdokument het baie mense laat besef, dat lag jou eenvoudig net goed laat voel.
Daar is pryse uitgedeel aan “Die mooiste hoed”, Die “Snaakste Hoed” en die “Oorspronklikste Hoed”. Ek is daarvan oortuig dat 2011 vir ons ‘n wonderlike jaar vol Binnepret sal wees!! Berig en foto's deur San-Mari Badenhorst, King William’s Town |





