|
|
|
KULTUUR OM DIE KOSPOTTE BY VOORTREKKERMONUMENT (VTM) VIR VROUEDAGDie Voortrekkermonument bied op Saterdag, 6 Augustus 2011 ‘n spesiale dag in die Monument Onthaalsentrum op die terrein aan ter viering van Vrouedag 2011. Die tema is “Kultuur om die Kospotte”. Vir die afgelope agt jaar vier Die Dameskring vrouedag en daarmee tree ons toe tot die landswye viering deur ander vroue en -organisasies. Verlede jaar het Die Dameskring besluit om op uitnodiging van Die Erfenisstigting, ons kragte saam te snoer om Vrouedag te vier. Na aanleiding van die suksesvolle geleentheid het ons besluit om dit hierdie jaar te herhaal en het ‘n nuwe vennote in ROOI ROSE en LAPA Uitgewers gevind. Die Voortrekkermonument is die ideale plek om hulde te bring aan vroue se bydrae tot ons land en daar is besluit om hierdie geleentheid op Saterdag, 6 Augustus aan te bied, om werkende vrouens van alle kulture ook te betrek. Die geleentheid was so gewild verlede jaar, dat nie alle belangstellendes geakkommodeer kon word nie. Gevolglik is besluit om vir meer gaste voorsiening te maak en hierdie gebeurlikheid ‘n jaarlikse instelling te maak. Die buffet-ete sal verskillende kulture se disse uitbeeld sodat die dames ‘n verskeidenheid van kulture kan ervaar. Die Monument Onthaalsentrum sal vir hierdie doel gebruik word aangesien dit die nodige ruimte bied, asook meer ruimte vir uitstallers as verlede jaar. Hierdie jaar wil ons ook minstens ‘n uur toelaat vir gaste om etes te nuttig en te sosialiseer. Die organiseerders sal ook die gaste weer geleentheid bied om nader kennis te maak met die uitstallings op die terrein. Die dames sal toegespreek word deur twee uitnemende sprekers, geborg deur Lapa-uitgewers en die organiseerders beoog om 300 gate by die geleentheid te verwelkom. Kontak gerus Die Dameskring kantoor vir verdere inligting: Tel: 011 782 4496_ Per e-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien |



