PARTYTJIETYD IN DIE KAROO... NA 7 JAAR BLOM NOUPOORT-TAK STEEDS! PDF Afdruk E-pos

Dit het al ‘n instelling geword dat die DK-tak op Noupoort in die Karoo, jaarliks ‘n spoggerige Damesoggend aanbied.

Hierdie jaar het dit saamgeval met die herdenking van die tak se stigting sewe jaar gelede en dit is op ‘n besondere manier gevier met die tema van ‘n kleurvolle, vrolike kinderpartytjie!

Meer as 100 dames het dit bygewoon.  Die nuwe President van Die Dameskring, Mignon Smit sowel as die Uitvoerende Bestuurslid van die Oos-Kaap Gebied, Elizabeth Vosloo, was as eregaste genooi.

Die verversings was heerlik, die musiek was vrolik, die uitstallings was interessant en pragtige artikels is te koop aangebied. Die kunstenaars wat opgetree was die oulike haasbekkies van die  plaaslike kleuterskool en ‘n paar van die lede wat saam met hul dogtertjies klavier-uitvoerings gelewer het.

Die geleentheidspreker was Magdie de Kock.  Sy het die dames aangespoor om as unieke mense met unieke geleenthede in unieke omstandighede hul uniekheid te omhels!

Lede van Noupoort-tak en eregaste:

Vlnr:  Elmarie, Elmine, Nelie, Anita,  Mignon Smit  (DK-president), Sandra (voorsitter) en Magdie de Kock  (Geleentheidspreker).

Uitvoerende Bestuurslid van DK, Elizabeth Vosloo, in die middel, met twee van haar mede-taklede van Burgersdorp.

Gaste en trotse mammas van die Kleuters wat as kunstenaars opgetree het.

Lede van Colesberg-tak en Mignon Smit  (middel)  wat die geleentheid bygewoon het.