President van Die Dameskring besoek die Weskus PDF Afdruk E-pos

Gedurende die naweek van die 13 en 14November, het Mignon  Smit, die nuwe President van Die Dameskring ‘n besoek aan die Weskus gebring. Sommige van die Saldanha-tak se Dameskring-lede was bevoorreg om daardie Sondag na kerk saam met haar op Sally van der Merwe, voorsitter, se plaas te kon teedrink en smul aan heerlike eetgoed. Ons glo en hoop dit was nie die laaste besoek van ons President, Mignon, nie!

Op die foto op die bank, vlnr:Davelina Nelson, Susanna le Roux, Hanna Kotzé, Mignon Smit, Ria Potgieter, Suritha du Plessis (JDD President) en Marina Fourie.

Voor sit vlnr: Sally van der Merwe en Sonja Hurter.

 

Berig en foto deur:  Davelina Nelson.