| Saldanha tak skenk Bybels aan Laerskool |
|
|
|
|
Op 31 Maart 2011 het Die Dameskring van Saldanha 34 Bybels, getiteld God se kinders, deur Emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu, aan die Laerskool Saldanha oorhandig. Emiritus-aartsbiskop Tutu se storiebybel vir kinders beloof om wêreldwyd aandag te trek. Die betrokke bybel bevat, volgens die uitgewer, meer as 50 van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament en word in besielende taal vertel en visueel aangevul deur tekeninge van plaaslike en internasionale illustreerders. Elke storie word afgesluit met ’n kort gebed. Die Bybels is bedoel vir kinders tussen die ouderdomme 4 tot 7 jaar. Emiritus-aartsbiskop Tutu hoop dat uiteindelik 1 miljoen van sy storiebybels kinders sal bereik.
Van links na regs verskyn Sonja Hurter, J.C. Carstens (Skoolhoof, Laerskool Saldanha), Sally van der Merwe en Magriet van der Merwe. Berig en foto deur Davelina Nelson |



