| Hulp aan Saldanha Slagofferondersteuningskamer |
|
|
|
|
Tydens die Maart vergadering van die Dameskring van Saldanha, is 'n bewys van donasie aan Adjudant-offisier Yolanda Kotze van die SAPD, Koördineerder van die Saldanha Slagofferondersteuningskamer, oorhandig. Die oorhandiging is gedoen deur die Voorsitter van die Dameskring, Sally van der Merwe. Die doel met die projek is om die Saldanha Slagofferondersteuningskamer behulpsaam te wees in die betrokke kamer se hulp aan misdaadslagoffers. Die donasie het bestaan uit beddegoed, handdoeke, babadoeke, bababottels, koffie en vele ander noodsaaklike verbruikersitems.
Op die foto oorhandig Sally van der Merwe, aan die regterkant, die bewys aan Adjudant-offisier Yolanda Kotze. Berig en foto deur Davelina Nelson |




