|
Reeds in Augustus 1967 het mev Marthella Pretorius en haar man, Gert, besef dat daar nie ‘n Afrikaanse vroue-organisasie, met ‘n doelbewuste strewe vir die uitbou van die Afrikanersaak, bestaan nie. Na ‘n preek oor Jesaja 6:8: Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: “ Wie sal ek stuur? En wie sal ons voorgaan?” Toe antwoord ek: “Hier is ek, stuur my”, het Marthella besef dat net een mens wat van ‘n saak oortuig is, ‘n groot taak kán aanpak.
|
|
Lees meer... [Geskiedenis]
|