Geskiedenis PDF Afdruk E-pos

HOOFTREKKE VAN DIE GESKIEDENIS VAN DIE DAMESKRING

Gestig:   18 Oktober 1967 te Nelspruit   

Reeds in Augustus 1967 het mev Marthella Pretorius en haar man, Gert, besef dat daar nie ‘n Afrikaanse vroue-organisasie, met ‘n doelbewuste strewe vir die uitbou van die Afrikanersaak, bestaan nie.  Na ‘n preek oor Jesaja 6:8:  Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê:
“ Wie sal ek stuur? En wie sal ons voorgaan?”  Toe antwoord ek: “Hier is ek, stuur my”, het Marthella besef dat net een mens wat van ‘n saak oortuig is, ‘n groot taak kán aanpak.

Die naam Die Dameskring is deur Jakkie Schutte gegee.
Die Leuse Waak en Werk is deur Esther Fölscher voorgestel.  

Die Embleem, ontwerp deur Vena Marais, is in 1988 aanvaar.  

Die Erekode, opgestel deur Helgard Coertze en aangepas deur sy vrou Cato, word sedert 1977 gebruik.  Hierin word die strewe van Die Dameskring saamgevat.

Die stigterslede tydens die eerste vergadering op 18 Oktober 1967 was:

Marthella Pretorius     (Voorsitter)
Jakkie Malan     (Onder-voorsitter)
Jakkie Schutte     (Sekretaresse 1967 - ±1977)
Ester Fölscher     (Tessourier)
Marietjie Radley  
Cecilia van Wyk  

Later was daar ook ander taklede:
Marié Potgieter     (Sekretaresse vanaf 1977)
Helen Malherbe
Lucy Badenhorst.

Die Dameskring het administratief gegroei en op 12 April 1983 het die kantoor van die Laeveld na Aucklandpark verskuif.  Die aanstelling van permanente personeel het bygedra tot die hoë peil waaraan Die Dameskring-lede gewoond is.

Oor die jare het hierdie kultuur-organisasie uitgebrei van:

1 tak met 6 lede in 1967
165 takke met 1900 lede in 2009

Die Sirkelberaad (tans Die Damesberaad) is die hoogste gesag van Die Dameskring en die eerste Sirkelberaad is op 15 September 1971 gehou en hierna jaarliks tot 1980.  Sedert 1980 vind die Damesberaad elke tweede jaar plaas, met  Gebiedskonferensies (vroeër Kringkonferensies) in die alternatiewe jaar.

Presidente van DIe Dameskring

Marthella Pretorius        1967 - 1984
Marié Herholdt         1984 - 1988
Erra Cilliers             1988 - 1994
Ansie Rall             1994 - 1998
Christi Herholdt         1998 - 2002
Alet Vorster             2002 - 2006
Karen Hauman         2006 - 2010
Mignon Smit         2010 - 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Alet Vorster, Christi Herholdt, Ansie Rall† , Erra Cilliers