Die Damesberaad van 2010
Algemene Inligting
Beraad 2010 - Vier die Hooggety!
Die President en lede van die Uitvoerende Bestuur bedank DK-lede wat reeds geregistreeer het om Die Damesberaad by te woon.
Datum:1 -3 Oktober 2010
Plek: Mentorskraal, Jeffreysbaai.
Registrasie vir Dagbesoekers word nou ingewag en navrae kan gerig word aan die Uitvoerende Beampte.
‘n Woord van dank en waardering aan ons borge en donateurs:
- Westfalia as Hoofborg.
- Suzette Viljoen van Witrivier Koraal-tak.
- La-Colline. Port Elizabeth.
- Techno-Dent. Port Elizabeth.
- ATKV.
- Solidariteit.
- Sanlam. Port Elizabeth.
- Indwe Versekering. Port Elizabeth.
- Momentum Health. Pretoria.
Verkiesing van die Uitvoerende Bestuur
Die verkiesing van die Uitvoerende Bestuur vir die volgende dienstermyn van twee jaar, vind tydens die Beraad plaas.
Die volgende dienende Uitvoerende Bestuurslede se twee dienstermyne is verstreke en is dus nie verkiesbaar in hulle huidige posisies nie – tydens die Beraad sal daar op gepaste wyse van hulle afskeid geneem word.
| President |
|
Karen Hauman |
| Wes-Kaap |
Gebied 1 |
Rina Grové (Bedank) |
| Wes-Kaap |
Gebied 2 |
Susan J van Rensburg |
| Oos-Kaap |
Gebied 3 |
Brenda van Rooyen |
| Vrystaat |
Gebied 5 |
Chrissie Ferreira |
| Vrystaat |
Gebied 6 |
Mignon Smit |
| KZ-Natal |
Gebied 7 |
Ria Breed |
| Gauteng N. |
Gebied 11 |
Barbara Muller |
| Oos-Kaap |
Gebied 13 |
Retha Malan |
‘n Paar hoogtepunte …
- Instelling van ‘n nuwe President en Uitvoerende Bestuur.
- Erediens word gelei deur Dr. Braam Hanekom.
- ‘n Paneelbespreking onderleiding van ‘n bekende Radio- en TV-persoonlikheid.
- Bekende Suid-Afrikaanse sprekers en kunstenaars.
- Aandprogram deur Lize Beekman geborg deur ATKV.
- Kom luister na Martie Pansegrouw, die redaktrise van Rooi Rose.
- Beleef ’n kos- en kookdemonstrasie deur Ulla Pakendorf van Ontbytsake.
- Luister na die pragtige stem van Mariëtte Pitout.
- Ontmoet Alexis Bester – kunstenaar van die JDD/DK - Dagboek 2011
Moenie hierdie Beraad misloop nie – kom “vier die hooggety” saam met mede-lede vanoor die hele land!
Westfalia - Hoofborg van Die Damesberaad
Dank en erkenning word gegee aan die Hoofborg van die Beraad!
- Westfalia se ruim donasie maak dit moontlik dat die program van hierdie Beraad-by-die-see voorsiening sal maak dat die fokusareas van DK beklemtoon word en dat Beraadgangers toerusting sal ontvang om die DK-visie met nuwe entoesiasme uit te dra!
- Met Westfalia se hulp gaan Beraadgangers ook op interessante maniere aangemoedig word om gesond te leef en gesond te eet en ‘n gesonde leefwyse te handhaaf…
- TV-sterre en Baie Bekende Persoonlikhede gaan vir dié take ingespan word!
- Die donasie van die ATKV maak dit moontlik dat Lize Beekman tydens die Saterdagaand-dinee kan optree.
- Konferensiemateriaal word geborg deur SANLAM.
- INDWE betaal die optredes van Mariëtte Pitout.
- Suzette Viljoen betaal die reiskoste en akkommodasie van Prof. Deon Rossouw, die hoofspreker.
- La-Colline en Techno-dent betaal die reiskoste en akkommodasie van Dr. Braam Hanekom.
- Die donasie van Solidariteit word aangewend vir die reis- en verblyfkoste van Lindie Strydom, ontvanger van Die Dameskring-toekenning vir 2010.
Baie belangrike inligting aan Beraadgangers:
- Registrasie geskied op 1 Okt tussen 09:00 en 12:00 by Mentorskraal.
- Beraadgangers ontvang akkommodasie-reëlings en kamerindeling tydens registrasie
- Die Beraad begin stiptelik om 12:30 op 1 Oktober 2010.
|